Gallery

Sunday, February 20, 2011

Lusmakertjie !

Ons sal teen more al die nuwe reekse van Prima se papier in die winkel hê! Kom loer gerus in, hulle is pragtig!


Cuttlebug Klas van 26 Februarie

Die Cuttlebug Klas van 26 Februarie is gekanseleer. Ons het egter op 5 Maart die Cuttlebug IV Klas met Jowilna! Kotak ons indien jy wil aansluit by hierdie leersame en gesellige klas waar jy leer om jou Cuttlebug tot sy volle potensiaal te laat kom! (012) 329-9175

Wednesday, February 9, 2011

Nuwe Scrapping & Kie

Die nuwe Scrapping & Kie tydskrif is nou beskikbaar in die winkel!


Tuesday, February 1, 2011

Nuwe Making Memories Papier!

Die nuwe reeks van Making Memories is met een woord STUNNING! Kom loer gerus in, daar is ook nuwe papier van Kaizercraft binnekort in!

Nuwe Scrap Affairs en Nuwe papier



Die nuwe Scrap Affairs is in die winkel! Propvol lekker nuwe idees en leesmateriaal!

Thursday, January 13, 2011

Pragtige Nuwe Graphic45 Papier!!

Ons het pragtige nuwe Graphic45 Papier ingekry! Te pragtig vir woorde!


Kom loer gerus in, hierdie papier gaan verseker van die rakke af vlieg!

Monday, January 10, 2011

Nuwe Jaar - Nuwe Klasse!

Hier staan ons op die voorpunt van 'n nuwe jaar (met klomp nuwe voornemens) en sommer lekker nuwe klasse op die agenda!

15 Januarie : Blad Sonder Naam!

R180


Ons doen 'n prettige groen en pers dubbelblad met plek vir 1 foto van 18x13cm (horisontaal), 3 poskaart grootte (horisontaal) en 1 van 7cmx7cm. Ons kon nie besluit op 'n titel vir hierdie blad nie, so enige fotos sal werk!

22 Januarie  en 5 Februarie : Valentyns Geskenk

As jy nog nie weet wat om te gee vir die spesiale persoon in jou lewe nie, is hierdie klas 'n moet! As jy nog nie 'n klas by Jowilna bygewoon het nie - dit is bobaas pret en vol wenke! Hierdie Huisie sal pragtig lyk op 'n tafel of teen 'n muur.


Koste : R200 (plus papier ens) en besprekings kan by die winkel gedoen word by (012) 329-9175. Plek is beperk, so moenie te lank wag nie!

26 Februarie : Cuttlebug I - Jowilna

Op versoek herhaal ons die Cuttlebug I klas vir die van julle wat uitgemis het! Leer ken al die lekker dinge wat jy met jou Cuttlebug kan doen ! Koste is R200 (plus wat jy addisioneel nodig het).8-10 etikette word gemaak wat as versierings aangewend kan word of as "reseppies" gebêre kan word.


05 Maart : Cuttlebug IV  deur Jowilna

Vir die dames wat nie kon wag vir die volgende Cuttlebug klas nie : CUTTLEBUG IV! Jy kan natuurlik by die klas inval, al het jy nie ander gedoen nie, maar plek is beperk, so bespreek so gou as moontlik! Die koste is R200 plus wat jy addisioneel benodig.